Principal’s Assembly Message 15 August 2025
Last week, we spoke about the dream becoming a reality…one where we see the HERMIES values combined with the Hermie SuperPowers. Today I want to talk to you about the Softer skills we need to acquire to prepare us for the world after school. Met die Matrieks wat oor ‘n week met hulle eksamens begin het ek so bietjie gaan nadink oor hoekom ons eksamens skryf en hoe dinge al so bietjie verander het… So 20 jaar gelede het die persoon met die boekkennis die voordeel gehad bo die res wat nie die boekkennis gehad het nie. So hoe harder jy geleer het, en beter gememoriseer het, hoe beter die kans op sukses na skool. Ongelukkig is dit nog steeds so…die punte wat jy kry op skool is wat jou aanvanklik in die Universiteit, Kollege of Tegnikon of self, net jou gewone werk inkry…maar dis waar dit stop. Die vraag