Dramatiese Kunste

Die dramadepartement is 'n lewenskragtige komponent van die skool.

Leerders kan Drama as ‘n komponent van die vak Skeppende Kunste in graad 8 en 9 neem en kan voortgaan met Dramatiese Kunste in graad 10 tot 12. Leerders wat die vak neem, besoek die teater en woon op ‘n gereelde basis werkswinkels by. Die graat 10 tot 12-leerders woon elke jaar Die Woordfees in Stellenbosch by.

  • Die SIT (Skole Inter-Teater)-kompetisie vind elke jaar plaas. Die verskillende interhuiskleurgroepe ding teen mekaar mee. Elke huis moet hul eie toneelstuk produseer en die kompetisie is straf.
  • Die Drama-departement vervaardig elke jaar ‘n paar toneelstukke. Dit is ‘n hoogtepunt vir die senior Drama-studente, aangesien dit ‘n gevoel van kameraadskap onder die leerders skep. Leerders tree by die jaarlikse Shakespeare-skoolfees op met produksies van ‘n post-apokaliptiese Hamlet tot ‘n vroulike rolverdeling in Queen Lear. Hermanus neem gereeld deel aan die ATKV-Tienertoneel sowel as die plaaslike Kalfiefees. Hermanus het in 2023 “Skroot” (wat gaan oor die nasleep van ‘n skoolskietery) sowel
    as “Dreamstate” (‘n poësieprogram) by die Kalfiefees opgevoer. Dreamstate is ook by die Montagu-fees opgevoer. In 2024 het die produksie “Oor-Vloed” op die planke by beide die Kalfiefees as die Montagu-fees gegaan.
  • Leerders neem ook deel aan verskeie eisteddfods insluitend die Overberg Eisteddfod, waar ons leerders baie lof ontvang. In 2023 is ‘n graad 11-leerder, Jana Marais, by die Kaapstadse Eisteddfod bekroon met die beste gedramatiseerde Prosa. Sy het ‘n senior beurs vir die beste presteerder in haar ouderdomsgroep ontvang. 
  • Die skool voer gereeld ‘n musiekblyspel op grootskaal op. In 2022 was die produksie All Shook Up en in 2023 was dit Thank you for the Music.

Galery - Kultuur

Skool Winkel

Blaai deur ons winkelbladsy vir meer items

Skool tas

R650.00

Pet

R130.00

Help om fondse vir ons skool in te samel

Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.

Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!

error: Content is protected !!