Diens

Ons Dienspilaar kweek medemenslikheid.

Die visie van die dienspilaar is om ‘n gevoel van omgee vir medeburgers te ontwikkel deur leerders in staat te stel om verantwoordelikheid te neem vir veral die slagoffers van die sosio-ekonomiese uitdagings in hul gemeenskappe en land.

Die belangrikste rolspeler in hierdie pilaar is die Interact. Rotary International moedig 14- tot 18-jariges aan om gemeenskapsdiens te doen. Die Hoërskool Hermanus se Interact-klub (“Interact”) word deur die Hermanus Rotary wat ondersteuning en leiding verskaf, geborg.

Die naam ‘Interact’ is ‘n kombinasie van die woorde ‘Internasionaal’ en ‘Aksie’. Interact se wêreldwye jeugnetwerk is toegewy aan gemeenskaps- en internasionale diens. Interact-projekte het ‘n blywende impak op die samelewing waarin dit funksioneer.

Die Interact het ten doel om uit te reik na ‘n gemeenskap in nood en werk saam met jeugdiges in verskeie ander lande. Ons leer meer oor die gebruike en kultuur van ons samelewing en ons bevorder verdraagsaamheid, deernis en herinner minderbevoorregte mense aan maniere om inisiatief te neem. Ons poog om ons plaaslike gemeenskap te dien en ook om leierseienskappe te ontwikkel, terwyl ons gemeenskappe help om hulself te help.

Ander rolspelers is: Noodhulphelpers; Sopkombuis; Klank-, beligtings- en Power Point-aanbieders; die VRL; CSV-lede (LOUD!) en die Junior Stadsraad (indien skoolverwant).

Doelwitte

Die kweek van ‘n kultuur van omgee by die Hoërskool Hermanus

  • Om leerders ‘n geleentheid te gee om by een of ander vorm van diens betrokke te raak.
  • Om leerders ‘n geleentheid te gee om ‘n sinvolle diensportefeulje vir hul CV of beursaansoeke te kan ontwikkel.
  • Om leerders aan te moedig om by ten minste een diensaktiwiteit per jaar betrokke te raak.
  • Om ten minste een gemeenskapsuitreikprojek per kwartaal te hê.
  • Om te verseker dat alle projekte wat aangepak word, deurgevoer word ten einde die gemeenskap te dien.

Aktiwiteite

HUIDIGE AKTIWITEITE BY HOËRSKOOL HERMANUS:

GEMEENSKAPSDIENS

SKOOLDIENS

SPESIALE GELEENTHEDE

Paasfees by die hospitaal (Interact)

Noodhulp by die tuis-sportwedstryde

Mandeladag 67min diens

Speelgoedrit met Kersfees en Camphill Xmas Skoenboks

Sopkombuis en Blikkieskosprojek Strandskoonmaak
Loslitdag vir Camphill Agter die verhoog Tegniese assistente by funksies (bv. Kultuurproduksies) Presidentstoekenning
Matrikulante skenk hul uniforms en skoene Rekenaarmonitors Camphill uitreik op Pretloopdag en op Lentedag
Lentedagpartytjie by Camphill (Interact) Herwinning van papierTeepartytjie vir bejaardes
Gestremdheidsbewustheid, Blou Lint-projek en Broodetikette vir OWA    
HAWS – Hermanus Dierewelsyn    
Prinses Projek    
Therapi Shoppi – klereprojek    

Waardering Kolwyntjies

   
Bloedskenkdag    
Sanitary Towel Drive (VRL)    

Funksionering

FUNKSIONERING van die DIENSPILAAR:

  1. Gemeenskapsdiens word uitgevoer onder die vaandel van Interact.
  2. Diens word gereeld by byeenkomste deur skoolhoof, personeel en leerders bevorder.
  3. Dienstoekennings word aan die einde van elke jaar volgens ‘n stel kriteria toegeken.
 

‘n Gesogte dienstoekenning (Rotary Service Above Self Trophy) word by die jaarlikse prysuitdeling toegeken aan die leerder wat die grootste bydrae op diensgebied gelewer het.

Gemeenskapsdiensprojekte is gemik op Camphill, ouetehuise en plaaslike weeshuise.

Die Interact het raadslede wat die volgende ampte beklee:

  • President
  • Visepresident
  • Sekretaris/-esse
  • Bemarker
  • Tesourier

Galery - Diens

Skool Winkel

Blaai deur ons winkelbladsy vir meer items

Skool tas

R650.00

Pet

R130.00

Help om fondse vir ons skool in te samel

Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.

Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!

error: Content is protected !!