Die Hoërskool Hermanus het sy eie teater, naamlik Die Blêr-teater. Die doel is om die leerders aan die wêreld van die teater bloot te stel. Dit bied sitplek vir ongeveer 120 gaste en is ‘n ouditoriumstyl-teater. Die teater huisves af en toe professionele Suid-Afrikaanse kunstenaars, sowel as die leerders van die skool. Voor elke vertoning word die gaste met ‘n piekniekstyl-ete en drankies bederf.
Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.
Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!