Dansstudies

Fisiese uitdrukking deur beweging

Opvoeder: Mev Andriëtte Roux

Selnommer: 083 356 2356

Epos: aroux@hermanushigh.co.za

“Dit is die fisiese uitdrukking deur beweging en ritme van verhoudings, gevoelens en idees. Niemand het dans uitgevind nie. Dit is diep in die hart van elke kultuur deur die geskiedenis heen: dans is deel van die polsslag van die mensdom. Dit omhels style en tradisies en ontwikkel voortdurend. Die rolle daarvan wissel van ontspanning tot heilig en dek elke vorm van sosiale doel” – Sir Ken Robinson en Lou Aronica.

Daar word van dansers verwag om tydens hierdie lesse so kreatief as moontlik te wees. Hulle het 2 lesse per siklus en dit is dus meer ‘n inleiding tot dans. Ons poog om die leerders in probleemoplossing, groepwerk, kreatiwiteit en ‘n sin vir wat moontlik tot die vak kan lei, te ontwikkel: Dansstudies.

In dans kan baie verskillende loopbane gevolg word: Choreograaf, Verhoogbestuurder, Dansfotograaf, Klankingenieur, Dansgeselskapbestuurder, Dansonderwyser, en natuurlik Dansuitvoerder.

Wanneer ‘n danser kies om Dansstudies as ‘n vak te neem, kan hulle in Ballet, Kontemporêre, Hip Hop of Afrika-dans spesialiseer. Die dansers word onderrig in die geskiedenis van dans, voeding en gesondheidsorg, improvisasie, anatomie, choreografie (produksie-elemente, choreografie-elemente en bemarking) en inheemse dans saam met aspekte van ons erfenis.

Dans is die vreugde van beweging en die hart van die lewe.

Galery - Kultuur

Skool Winkel

Blaai deur ons winkelbladsy vir meer items

Skool tas

R650.00

Pet

R130.00

Help om fondse vir ons skool in te samel

Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.

Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!

error: Content is protected !!