Skoolkoerant

Die High Times

Ons skoolkoerant is ‘n vertoonstuk van die passie waarmee ons leerders aan verskeie aktiwiteite deelneem. Met hierdie koerant, wat kwartaalliks onder leiding van ons redakteur, mev. Pretorius, versprei word, kry die gemeenskap die geleentheid om op hoogte te bly van dit wat die skool sy karakter gee. Dit bied ‘n platform waar ons leerders hulself kan uitdruk.

Die High Times is ‘n publikasie van 8-12 bladsye in volkleur met skakels na ons adverteerders se webblaaie. Ons leerders se verslaggewing behels aktiwiteite wat elke Hermie se skoolervaring met foto’s en artikels boekstaaf.

Dit word uiteindelik meer as net ‘n skoolkoerant. Dit word ‘n aandenking van ‘n skoolloopbaan. (Klik op die voorblad van elke uitgawe om jou eie eksemplaar af te laai!)

Skool Winkel

Blaai deur ons winkelbladsy vir meer items

Skool tas

R650.00

Pet

R130.00

Help om fondse vir ons skool in te samel

Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.

Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!

error: Content is protected !!