Die vermoë om welsprekend en met gesag oor ‘n reeks onderwerpe te kan praat, is van onskatbare waarde. Om dit boonop voor ‘n intimiderende gehoor te doen, is deel van die uitdagende aard van openbare redevoering. Leerders wat gereeld aan redenaarskompetisies deelneem, kry die geleentheid om hierdie belangrike vaardighede te ontwikkel en te slyp.
Elke jaar skop af met ‘n interne redenaarsaand waartydens sprekers die geleentheid kry om voor ouers, onderwysers en maats te praat.
Die skool se beste redenaars neem aan die eerste rondte van die ATKV se redenaarskompetisie deel. Ons het gereeld sprekers wat na die provinsiale rondtes deurdring.
Aan die begin van die tweede kwartaal neem die senior sprekers van die skool (graad 10 tot 12) aan die jaarlikse redenaarskompetisie deel. Hierdie kompetisie vind in die skoolsaal voor die senior leerders van die skool plaas. In die vierde kwartaal kry die junior sprekers dieselfde geleentheid.
Ons redenaars neem jaarliks in Mei aan twee kompetisies deel: Radikale Redenaars en Oppie Tong Af. In Augustus kry ons sprekers die geleentheid om aan die jaarlikse Eisteddfod deel te neem.
Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.
Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!
We are committed to develop the full potential of each learner, inspiring them to follow their dreams.
Situated in the heart of Hermanus, our staff, parents and pupils strives to ensure unity and the potential of both educators and learners are exceeded.
Follow us on Facebook
Keep upto date with our latest news and events with the D6 School Communicator.
The D6 is the no1 downloaded educational app in South Africa, As a School we strive to keep the information up to date on this platform.
© Copyright 2024. Design by Aura Host