Geskiedenis van die skool

Hoërskool Hermanus sal sy 85ste gedenkviering in 2026 hê, maar sy wortels strek tot verder as 1941: die datum wat die skool offisiële hoërskoolstatus ontvang het.

Die Hoërskool Hermanus sal in 2026 sy 85ste bestaansjaar vier, maar sy wortels strek tot in 1941 – die jaar waarin die skool amptelike hoërskoolstatus verkry het. Volgens legende:, is die eerste skool, die St Peter’s Sendingskool, in 1868 gestig. Die NG Kerkskool is in 1884 gestig en in 1897 het die twee skole saamgesmelt en die openbare skool geword. Bouwerk aan die bekende klipgebou het in 1907 begin en dit is amptelik in 1911 bewoon. In 1918 het die skool laerskoolstatus onder mnr. S.G.du Toit as skoolhoof verkry.

Geleidelik het die skool uitgebrei totdat dit in 1941 hoërskoolstatus verkry het. Die eerste matriekklas het hul eksamen in Desember 1942 geskryf. ‘n Tekort aan fasiliteite het onderrig bemoeilik en daar het ‘n stryd tussen die skool en die Onderwysdepartement gevolg om meer klaskamers te bekom. Uiteindelik het bouwerk aan ‘n nuwe skool in 1974 begin en in 1977 het die Hoërskool na sy huidige tuiste verhuis.

Die skool spog tans met uitstekende geriewe, wat ‘n gimnasium, ses netbalbane, vier tennisbane, drie rugbyvelde, twee krieketvelde, drie hokkievelde, ‘n astrohokkieveld en twee goed toegeruste rekenaarsentrums insluit. Dit is maar net ‘n paar van die meer onlangse toevoegings tot die skool. Vanaf sy nederige begin in 1941 met slegs 60 leerders, het die Hoërskool Hermanus in statuur gegroei tot waar hy nou, met 1000 leerders, as ‘n leier in akademiese, sport- en kultuursake beskou word.

Galery - Skool Geskiedenis

Skool Winkel

Blaai deur ons winkelbladsy vir meer items

Skool tas

R650.00

Pet

R130.00

Help om fondse vir ons skool in te samel

Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.

Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!

error: Content is protected !!