Ontwerp (praktiese en teorieklasse) word smiddae by die Hermanus Kuns & Ontwerpsentrum, geleë by die Ou Stasiegebou (langs Checkers in die dorp), aangebied – binne loopafstand van die skool. Die klasse bestaan uit 1 uur prakties en 1 uur teorie. Studente moet selfgedissiplineerd wees en tuis aan hul praktiese projekte werk. Ons volg die KABV-kurrikulum soos voorgeskryf deur die onderwysdepartement van die Wes-Kaap.
Vir meer inligting, kontak Sandra Slabbert by design@sandraslabbert.co.za or 079 523 8453.
Kyk rondom jou … byna alles wat jy in jou daaglikse lewe gebruik, is ontwerp. Ontwerp is gemoeid met kwessies van funksionaliteit en estetika in die vorming van ons sosiale, kulturele en fisiese omgewings.
In Ontwerp verken ons die velde van visuele kommunikasie-ontwerp, produkontwerp, oppervlakontwerp en omgewingsontwerp. Studente het die geleentheid om uit die bogenoemde kategorieë te kies en items te ontwerp soos juweliersware, meubels, verpakking, klere, korporatiewe identiteit, uitleg, en nog vele meer.
Die ontwerpproses is ‘n kreatiewe probleemoplossingsproses wat probleemidentifisering, beplanning, navorsing, innovasie, konseptualisering, eksperimentering en kritiese refleksie behels
Ontwerp sluit die studie van beide ontwerppraktyk en teorie in. Leerders moet elke kwartaal ‘n praktiese taak voltooi, wat ‘n prosesboek en die finale ontwerp/produk insluit. Hul konseptuele idees, beplanning, eksperimentering en verkennende werk in hul prosesboeke.
Dit sal jou as ondersteuner nie ‘n sent kos om ‘n verskil te maak nie.
Help om fondse vir ons skool in te samel sonder dat dit jou ‘n sent kos met die MySchool MyVillage MyPlanet Fondsinsameling-program.MySchool dra elke maand meer as R4 miljoen by tot hul begunstigdes!