You are here: Home Culture Chess
 
 

Chess


Skaak/Chess

Die Skaakklub van die Hoërskool Hermanus oefen elke Maandag- en Woensdagmiddag vanaf 14:30 tot 15:30 in mnr. Peter se klaskamer.  In die eerste kwartaal neem ons aan individuele kompetisies deel.   

Onder leiding van Johan Oosthuizen, nuwe skaakafrigter by ons skool, moes die skaakspelers ‘n wêreldbekende kampioenskapwedstryd, Evergreen, van meer as 20 skuiwe, memoriseer.  Die 2 broers, Terek en Vaughan Janczik, het albei die beste gevaar.  Na ‘n uitklop skaakwedstryd het Vaughan die skaakbord as prys gewen!  Baie geluk, Vaughan!!

Alle belangstellendes kan Maandag- en Woensdagmiddae in Mnr Peter se klaskamer kom saam skaakspeel.  Daar is ook afrigting vir beginners beskikbbaar.   ‘n Avontuurlike uitstappie word vir die laaste kwartaal beplan – moenie die geleentheid misloop nie!!


Chess – we play it, day and knight!