You are here: Home Culture Art
 
 

Art

SKEPPENDE KUNSTE:

Hoërskool Hermanus bied Skeppende Kunste aan in Graad 8 en 9. Elke leerder volg twee leerbane as deel van Skeppende Kunste.  Elke leerder moet kuns neem en word die geleentheid gebied om tussen drama en musiek as leerbane te kies. In hierdie vak  leer leerders praktiese vaardighede in die onderskeie leerbane, maar ook lewensvaardighede soos kreatiewe denke en die vermoë om voor ’n gehoor op te tree. In graad 10-12 kan leerders  ’n leerbaan neem  as  vak, buitemuurs.

Kunswerke word op ’n gereelde basis uitgestal tydens skoolbyeenkomste, soos oueraande. Leerders word aangemoedig om aan kunskompetisies en gemeenskapsprojekte waar kuns die hooffokus is, deel te neem. Skeppende kunste is nie net nog ’n skoolvak nie, maar ook ’n geleentheid vir kreatiewe kinders om hul passie ui te leef.


bbbbbbbbbbbbmmmmmmmmm mmmmmmmmmmbbbbbbbbbbbb