You are here: Home Academic DUX candidates
 
 

A-candidates, Matrics and Dux Learners


2015 MATRIEKUITSLAE / MATRIC RESULTS

 

Hoërskool Hermanus wil graag die matriekklas van 2015 gelukwens met hul uitstaande resultate. Die skool is trots om aan te kondig dat ‘n 100% slaagsyfer behaal is.

Hoërskool Hermanus het verder uitgeblink deur 20 A-gemiddelde, 33 B- en 43 C-gemiddelde kandidate op te lewer. Die 20 A-kandidate is;

 

1ste met 93%:  Morgane Bourdin, Cameron Hendricks en Leah Michie

Die res van die A-kandidate is: Nicolene van der Merwe (91.3%), Richard Whitelaw (91%), Marli de Villiers (86.7%), Simone Verdoodt (86.6%), Mika Engelbrecht (84.8%), Emma Steere (84.4%), Lisa van Dyk (84%), Christelle Grimbeek (83.8%), Jaco Abel (83.5%), Justin Inch (83.3%), Anja de Kock (83.2%), Carien Kotze (82.7%), Kelsey Viljoen (81.7%), Kristhoff Krige (80.8%), Adrian de Vries (80.6%), Shelldon Breda en Martha-Anne van der Westhuizen (80%).

 

Verder het 121 uit die 154 kandidate (79 %) met universiteitsvrystelling geslaag. Hoërskool Hermanus wil graag die ouers en Beheerliggaam bedank vir hul ondersteuning in die bereiking van hierdie resultate . Bowenal wil die skool graag die personeel bedank vir hul toewyding en onbaatsugtige diens wat hul lewer.